Marnus & Elande @ Memoire. / by Alet Kotze

"Erens is jy
hier waar ek nou skrywe
weet ek dat jy erens is
dat jy ook nou le onder die oop venster
en uitkyk na die donsige maan op die werf
ek is al drie jaar lank op soek na jou
en waar jy ookal is
ek sal jou vind
en as ek voor jou staan
sal ek weet ek is vir jou gemaak...
...en as ek die dag my hand in joune sit
sal ek my padkaarte bere met die wete
my reise op soek na jou is nou verby."

- Antjie Krog -

Hierdie gedig op die kerkblaadjie van Marnus en Elande se troue @ Memoire is asof dit vir hulle geskryf is... Hulle begin van hulle pad saam was soos 'n beplande reis, waar hulle weet waar hulle gaan eindig. Verrassings langs die pad soos 'n wentroue as deel van Memoire se wedding festival is maar net 'n klein ekstra geskenk wat net weer eens bevestig hulle is bedoel v mekaar. 

Om hulle fotograwe te kon wees, was een ongelooflike voorreg om sulke liefde tussen 2 mense te ervaar. Mag julle pad sonder duwweltjies en klippe wees - en mag julle eindbestemming mooi wees.